WGO stuur span na Gauteng

Die Wêreldgesondheidsorganisasie stuur ‘n span na Gauteng om te help met waarneming en kontak-opsporing. Die provinsie is die middelpunt van die nuwe Covid-19 Omikron-variant se uitbreking en loop voor in die vierde vlaag wat deur dié variant gedryf word. Ghana en Nigerië is die jongste Afrikalande waar Omikron opgemerk is. Die WGO se nood-streeksdirekteur vir Afrika, Abdou Salam Gueye, sê dit is kommerwekkend dat slegs 7,5 persent van die vasteland se inwoners ten volle ingeënt is.