SA speaker van NV neem kennis van Appèlhof-uitspraak oor geheime stembrief

Die Nasionale Vergadering se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het kennis geneem van die Appèlhof se uitspraak in die African Transformation Movement-saak. Die hof het beslis die ATM se versoek vir ‘n geheime stembrief in die mosie van wantroue teen President Cyril Ramaphosa, moet na die speaker terugverwys word vir heroorweging. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die uitspraak bevestig die Konstitusionele Hof se beslissing in die UDM-saak dat slegs die Speaker kan besluit oor die wyse waarop gestem word.