WGO sê nee vir inentingsbewys vir reis

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Noodkomitee het vandag aanbeveel dat bewys van inenting nie ‘n vereiste is vir internasionale reis nie. Die organisasie het in die verlede sy teenkanting hieroor uitgespreek omdat entstowwe nie billik versprei word nie. Die organisasie sê so vereiste sal dus ‘n beperking wees op die vryheid van beweging. Wetenskaplikes voeg by dat inentings nie die verspreiding van die virus bekamp nie en net hospitalisasie en sterfgevalle verminder.