Boris gaan nie Indië toe nie

Die Britse Premier Boris Johnson het volgende week se beplande besoek aan Indië afgestel weens ‘n skerp toename in Covid-19 gevalle in dié land. Dit volg nadat meer as 270 000 nuwe gevalle gister aangeteken is wat veroorsaak het dat die hoofstad Nieu-Delhi vir ‘n week ingeperk word. Dit het gelei tot vrese dat ‘n nuwe variant van die virus ontwikkel het. Die twee lande se regerings het ‘n gesamentlike verklaring uitgereik dat Johnson en sy Indiese ampsgenoot, Narendra Modi, later die maand sal samesprekings voer oor planne vir ‘n toekomstige vennootskap.