WGO se direkteur-generaal: Staan op teen stigma van siektes

Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheids-organisasie, Tedros Ghebreyesus, doen ʼn beroep op burgerlike organisasies, insluitende die wat ervaring het van werk met mense met vigs, om met die WGO saam te werk om stigma en diskriminasie te beveg. Ghebreyesus het gepraat tydens ʼn media-sessie oor die huidige uitbreking van aappokke, wat vroeër tot ʼn wêreldwye openbare gesondheids-noodgeval verklaar is. Volgens hom kan stigma en diskriminasie net so vernietigend soos enige virus wees.