WGO sê AstraZeneca goedkeuring sal bly

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy sal nie sy goedkeuring van die AstraZeneca entstof aanpas nie. Die WGO is van mening dat die voordele om die entstof te vat, baie hoër is as die risiko. Die instansie sê hy monitor data, veral die jongste inligting oor bloedklonte en sal teen laaste Donderdag sy jongste evaluasie oor die entstof bekendstel, maar, het weereens beklemtoon dat hy nie ‘n noemenswaardige aanpassing verwag nie.