WGO sal Vrydag Moderna entstof hersien

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sal die Moderna entstof op 30 April hersien vir moontlike noodgebruik. Die Woordvoerder van die WGO Christian Lindmeier sê ‘n besluit sal 3 tot 4 dae daarna bekend gemaak word. Die Moderna entstof is die vierde entstof wat deur die WGO hersien word.