WGO prys Botswana oor daling van MIV-oordrag

Namibië se buurland Botswana se doelwit om die eerste Afrika-land te word om die oodrag van MIV van moeder na baba te verhoed, is goed op dreef. Die oordrag van die virus van ma na baba in Botswana, het reeds ‘n merkwaardige daling van 40 persent na een persent getoon. Die Wêreldgesondheids-organisasie loof Botswana vir sy baanbreker prestasie. Sewe gesondheids-distrikte het geen oordrag in 2021 aangeteken nie.