WGO oor moontlike vierde Covid-19-vlaag in Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die vasteland moet alles in die
stryd werp om ‘n moontlike vierde vlaag van die Covid-19-pandemie teen te werk. Nuwe
gevalle het die afgelope twee weke in Afrika afgeplat. Maar die einde-van-die-jaar
reisseisoen is op hande. Dit het in Desember verlede jaar gelei tot ‘n skerp toename op
die vasteland. Intussen sê die WGO se streekdirekteur vir Afrika, Matshidiso Moeti,
Suid-Afrika het blitsig beweeg met die uitken van die Omicron-variant. Moeti wens die
buurland geluk met sy indrukwekkende oorsig oor die pandemie en sy genoom-
sekwensie vaardighede.