WGO oor Covid-entstof in Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die vasteland is verantwoordelik vir slegs twee-persent van die vyf-miljard-dosisse Covid-19-entstof wat al wêreldwyd toegedien is. Die WGO sê dié ongelykheid is hoogs ontstellend want die persentasie is al vir maande lank op dieselfde vlak. Die streekdirekteur vir Afrika, Matshidiso Moeti, sê dit is bemoedigend dat byna 21-miljoen dosisse die afgelope maand ingevolge die Covax-program in Afrika aangekom het. Dit is gelyk aan die hoeveelheid wat tydens die afgelope vier maande in geheel ontvang is.