WGO ontplooi span vir cholera-uitbreking  

Die Wêreldgesondheids-organisasie het ‘n span deskundiges ontplooi om te help om die oorsprong vas te stel van die cholera-uitbreking in Hammanskraal, noord van Pretoria. Die dodetal het nou tot 22 gestyg met 21 sterftes in Gauteng en een in die Vrystaat. Die waarnemende minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, en amptenare van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en die WGO, het die Jubilee-hospitaal in Hammanskraal besoek. Motsoaledi het gesê die doel was om verdere maatreëls te oorweeg om die verspreiding van cholera te bekamp.