WGO gesels nog oor Sputnik hersiening

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy is nog in gesprek met Russiese owerhede in verband met ‘n hersiening van die Sputnik V Covid-entstof maar dat geen datum nog bepaal is nie. Die organisasie se Woordvoerder Margaret Harris het aan media gesê niks is tot op hede vasgestel nie. Daar is kommer oor die entstof in verskeie lande omdat daar min data beskikbaar is oor newe-effekte, effektiwiteit en meer.