WGO bekommerd oor toename in Covid-19-gevalle in Afrika

Die Wêreld-gesondheidsorganisasie se Afrika-afdeling sê die derde vlaag van die Covid-19-pandemie wat veral uit die Delta-variant bestaan en reeds in 85 lande geïdentifiseer is, is besig om vinnig toe te neem onder bevolkings wat nie ingeënt is nie, en kan die vasteland se ergste word. Koronavirus-gevalle in Afrika het volgens die WGO sedert die aanvang van die derde vlaag verlede maand weekliks aanhou styg. Die pandemie het reeds weer in 12 Afrikalande opgevlam. Matshidiso Moeti van die WGO sê die vasteland kan die uitwerking van die vinnige toename in besmettings steeds bekamp, maar die moontlikheid raak al hoe kleiner.