WGO bekommerd oor infeksiekoers in Suider-Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dit is bekommerd oor die aantal nuwe infeksies wat in veral Suider-Afrikalande aangeteken word en waarsku dat as die infeksiekoers verder groei, baie lande erge derde vlae van Covid kan beleef. Direkteur vir die WGO-streekskantoor vir Afrika, dr. Matshidiso Moeti, sê 11 Afrikalande, waaronder Suid-Afrika, Namibië en Zambië, het die afgelope twee weke ‘n groot toename in infeksies gerapporteer. Ons Kaapse korrespondent Fritz Platt is aan die woord.