Stad Tshwane hou boeremark

Die Stad Tshwane se afdeling vir landbou en landelike ontwikkeling het sy eerste kwartaallikse minimark vir kleinskaalse en opkomende boere by Tshwane-huis aangebied. ‘n Woordvoerder, Sipho Stuurman, sê boere uit die stad se sewe streke is uitgenooi om hul produkte uit te stal en aan amptenare en besoekers te verkoop. Hy verduidelik dat dit ook ‘n leergeleentheid vir die boere was omdat amptenare van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling ‘n les oor voedselveiligheid aangebied het.