Wetgewing word aangepas vir sandmyne

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê daar word ‘n hersiening aan wetgewing gedoen in ‘n poging om onwettige sandmyn-aktiwiteite te bekamp en oortreders onmiddellik te straf. Volgens Shifeta is die huidige wetgewing nie duidelik of oortreders onmiddellik beboet moet word en of hulle gearresteer moet word nie. Lede van die polisie moet ingevolge wetgewing onmiddellik arrestasies kan uitvoer maar dit is nie op die oomblik vervat in die wetgewing nie. Shifeta sê die konsepdokument is reeds voltooi en sal by die kabinet ingedien word vir goedkeuring. Daarna moet die aanpassing parlement toe gaan vir bespreking.