Wetgewing oor onverklaarbare rykdom nog ver weg

Die Namibiese Finansiële Intelligensiesentrum het lede van die publiek gevra om geduldig te wees. Volgens ‘n verklaring ontvang die sentrum baie navrae oor die beplande wetgewing wat persone wat onverklaarbare rykdom en, of bates het, te dwing om dit te bewys voor ‘n hof, eerder as wat die onus op die staat is om te bewys dat dit onwettig bekom is. Die sentrum sê voorstelle is gemaak maar, dit sal nog ‘n geruime tyd duur voor dit in werking is. Kazembire Zemburuka van die Bank van Namibië waaronder die sentrum ressorteer, verduidelik.