Wetenskap spreek Australië se ‘reeksmoordenaar’ vry

‘n Australiese ma wat toegesluit is vir die moord op haar vier kinders, is vandag vrygespreek. Kathleen Folbigg is in 2003 toegesluit geneem nadat sy skuldig bevind is aan die moord op haar kinders, wat tussen 1989 en 1999 skielik dood is. Folbigg, wat as Australië se ergste vroulike reeksmoordenaar beskryf is het nog altyd haar onskuld bepleit en nou het die wetenskap bewys haar kinders is aan natuurlike oorsake dood. Die kinders was tussen 19 dae en 18 maande oud. Die saak teen Folbigg het sterk gesteun op haar dagboekinskrywings, wat aanklaers beweer het skulderkennings getoon het. Daar is bevind sy het haar kinders versmoor al was daar geen bewyse daarvan nie. Wetenskaplike deurbrake in onlangse jare het seldsame genetiese mutasies en defekte ontbloot wat gehelp het om die skielike sterftes te verklaar.