Wet op Regulering van Elektrisiteit in SA goedgekeur

Die kabinet in die buurland het die wysigings aan die Wet op die Regulering van Elektrisiteit goedgekeur en dit is nou oop vir kommentaar. ‘n Ontleder van die energiesektor, Chris Yelland, het gesê die goedgekeurde wysigingswetsontwerp sal groot veranderinge vir die elektrisiteitsbedryf sowel as vir Suid-Afrikaners meebring. Yelland sê die nodige wetlike raamwerk en die nodige regulatoriese hervorming is nou in plek gestel.