Covid-19: 15 leerders toets positief

Die Namibiese gesondheidsministerie het 36 nuwe Covid-gevalle uit 1 260 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 2,9 persent is. In die groep is 15 leerders van verskillende skole. Daar is nou 2 708 aktiewe gevalle, waarvan 61 pasiënte in hospitale is en vyf in hoësorgeenhede. Altesaam 368 434 persone is ten volle ingeënt.