Wet oor onteiening is ongrondwetlik en deur parlement gestoomroller
Die Instituut van Rassebetrekkinge sê hy is bemoedig dat president Cyril Ramaphosa sy besware oor die Wetsontwerp op Onteiening sal oorweeg. Die wetsontwerp wat onlangs in die Parlement aanvaar is, maak onteiening vir openbare doeleindes in openbare belang moontlik. Die instituut se veldtogbestuurder, Makone Maja, sê dit is ongrondwetlik en is deur die Parlement deurgestoomroller en oorhaastig na Ramaphosa gestuur om onderteken te word.