Weste sal die Krim as Russies moet erken

Die weiering van die Oekraïne en Navo-magte om Moskou se gesag oor die Krim te erken, verteenwoordig ‘n sistemiese bedreiging vir Rusland. Dit is die mening van die voormalige Russiese President Dmitri Medvedev. Rusland het die Swartsee-skiereiland in 2014 van die Oekraïne geannekseer nadat ‘n pro-Moskou-president in Kiëf omvergewerp is te midde van massa-betogings. Moskou het toe ook pro-Russiese gewapende separatiste in die Donbas-streek in die ooste van Oekraïne begin ondersteun. Wêreldmagte het nie ‘n vinger gelig toe Rusland die gebied geannekseer het nie.