Wesoewergeweld: Twee-staat oplossing steeds die hoop, sê VSA

Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê dis in beginsel die Israeli’s en Palestyne se verantwoordelikheid om ‘n einde aan die onlangse geweld te maak. Tien Palestyne, soldate en minstens een burgerlike, is verlede Donderdag in die stad Jenin op die Wesoewer dood toe Israeliese magte ‘n klopjag uitgevoer het. Die volgende dag is ses Israeli’s en een Oekraïnse burger dood toe ‘n Palestyn naby ‘n sinagoge in Oos-Jerusalem op mense losgebrand het. Blinken het sy toer in die Midde-Ooste afgesluit en gesê Amerika ondersteun ‘n tweestaat-oplossing om die konflik tussen Israel en Palestina te beëindig. Hy vra vir ‘n einde aan die geweld.