Wesenlike verskil in onttrekkings uit damme… ‘dis verdamping’

Die weeklikse dambulletin van NamWater toon dat vanaf 30 Augustus tot 6 September daar amper 6,9 miljoen kubieke meter water uit die land se damme onttrek is, waarvan meer as 4 miljoen uit Hardap gepomp is. Tussen 6 en 13 September is net minder as 1,75 miljoen kubieke meter water onttrek, wat veel minder is. Volgens NamWater se hoof uitvoerende beampte Abraham Nehemia is daar nie fout met hulle stelsels nie. Hy het dit so aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.