Wes-Kaapse taxi-vergadering verloop goed
Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Rob Quintas, sê die gees by die vergadering van die minibustaxi-taakspan was vooruitskouend, onbevooroordeeld en respekvol. Die vergadering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad en verteenwoordigers van die Stad Kaapstad en die provinsiale regering volg na die dodelike taxistaking vroeër die maand. Quintas sê hulle het begin met ‘n hersiening van die opdrag wat die gemeenskaplike verbintenis weerspieel en dit sal teen die einde van die week gereed wees vir die laaste insette en ondertekening: