Wes-Kaapse premier veroordeel taxi-staking

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die geweld en ontwrigting waarmee vandag se taxi-staking en optog na die Kaapstad middestad gepaardgaan, het ‘n invloed op die stad se weerloosste gemeenskappe en moet ten sterkste veroordeel word. Hy sê mense kan nie by die werk uitkom nie en leerders kan nie hulle skole bereik nie. Winde het uitgevaar teen gewelddadige optrede soos brandstigting, en het die polisie gevra om te verseker alle oortreders word aangekeer en vervolg: