Gautengse gesondheidsministerie gaan aanlynstelsel vir lykshuise implementeer

Die departement van gesondheid in Gauteng beplan om die ontwikkeling van ‘n aanlyn stelsel af te handel wat teen die einde van die jaar sal help met die identifikasie van onopgeëiste en ongeïdentifiseerde liggame by openbare lykshuise. Die departement se woordvoerder, Kwara Kekana, sê die Gautengse forensiese patologie-inligtingsbestuurstelsel sal verskeie dienste verskaf wat die opname, opsporing en melding van demografiese data van die oorledene sal insluit, en lykskouings- en toksikologie-verslae beskikbaar stel.