Wes-Kaapse landbousektor soek na alternatiewe markte

Die Wes-Kaapse landbousektor het ‘n dringende vergadering gehou om nuwe alternatiewe markte te ondersoek vir die uit- en invoer van noodsaaklike produkte, insluitend koring en kunsmis, weens die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne. Die LUR vir landbou, Ivan Meyer, het met verskeie landbou-rolspelers vergader om die pad vorentoe te bespreek. Dit het gelei tot die besluit om die mark-geleenthede te ondersoek wat die Afrika Vryehandelsooreenkoms bied. Meyer sê tuinbouprodukte, lemoene, pere, appels, mandaryn-lemoene, suurlemoene, vars druiwe en wyn het gesamentlik 3,4 miljard rand bygedra waarvan 88 persent van die waarde aan die Wes-Kaap toegeskryf word.