Wes-Kaapse Drankraad se verslae oor wetstoepassing verwelkom

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, verwelkom die Wes-Kaapse Drankraad se verslae oor wetstoepassing oor die afgelope sewe dae. Die Drankraad het verlede week 320 ondersoeke gedoen, waarvan 112 spesifiek na drankmisbruik deur minderjariges gekyk het. Ses ondersoeke is saam met die polisie en ander wetstoepassers uitgevoer. Die LUR se woordvoerder, Wade Seale, sê Fritz vra almal om bewus te wees van die gevare wat met die buitensporige gebruik van alkohol vandag op Erfenisdag, en oor die langnaweek gepaard gaan.