Wes-Kaap wil vandag 4 000 mense inent

Met Suid Afrika wat vroeër vandag fase 2 van sy inentingsprogram afgeskop het, hoop die Wes-Kaap om teen die einde van vandag, ten minste vierduisend van sy inwoners teen die virus ingeënt te hê. Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, het vroeër vandag die provinsiale gesondheidshoof, Dr. Keith Cloete en die LUR vir gesondheid, Dr. Nomafrench Mbombo, vergesel om inentingsfasiliteite in Kaapstad te besoek. Ons Kaapse korrespondent Fritz Platt is aan die woord.