Wes-Kaap vier styging in hotel besettingsyfers oor feestyd

Die Suid-Afrika-hotelverslag het ‘n toename in hotel besettingsyfers in die Wes-Kaap tydens die 2023-vakansietydperk aangeteken. Data toon besettingsyfers het in Desember 73,4 persent bereik, ‘n styging vanaf 71,6-persent in Desember 2022. Vyfster-hotelle in Kaapstad het boonop dié in ander groot Suid-Afrikaanse stede oortref, met besettingsyfers op 69,1-persent. Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê die groei in hotel besettingsyfers is positief vir die provinsie se ekonomie en goed vir werkskepping.