Wes-Kaap verwerp Wetsontwerp op Verdeling van Inkomste
Die Wes-Kaapse regering het die 2022/2023-Wetsontwerp op Verdeling van Inkomste verwerp. Dit ken 72 miljard rand aan die provinsie toe, ‘n toename wat nie vorige aansienlike begrotingsbesnoeiings of lewenskoste-toenames in ag neem nie. Die Wes-Kaap kry ook amper geen medium-termyn befondsing nie, met ‘n afname in befondsing van amper 1,6 miljard rand wat in die volgende boekjaar verwag word. Deidré Baartman van die DA sê die provinsiale regering word gedwing om alternatiewe befondsing te vind vir sekere uiters belangrike sake.