Wes-Kaap verwelkom aangepaste maatreëls

Die aangepaste inperkingsvlak drie is ‘n welkome reddingsboei vir Wes-Kaapse ondernemings. Die LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, David Maynier, sê die nuwe maatreëls is presies waarvoor hulle gevra het en stel hulle in staat om die provinsie se ekonomie te begin herbou. Hy sê die Wes-Kaap verwelkom ook die aankondigings van bykomende finansiële steunmaatreëls wat verligting sal bied aan die armes en weerloses. Maynier het alle ondernemings wat daarvoor in aanmerking kom, aangemoedig om vir hul werknemers aansoek te doen om die werkloosheid-versekeringsfonds se Covid-19 TERS-fondse te kan ontvang.