Wes-Kaap veroordeel sinnelose aanvalle op boere in die provinsie

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, het die moord op ʼn boer, Willem van der Westhuizen, en die aanranding van sy vrou, Christine, op hulle plaas buite Vanrhynsdorp veroordeel. Meyer sê die sinnelose, gewelddadige aanvalle op landbouprodusente en plaaswerkers moet veroordeel word. Hy sê dié daad van geweld kom in ʼn tyd waar baie Suid-Afrikaners gereed maak om tyd saam met geliefdes deur te bring en ʼn hand van vrede uit te reik na vriende en hulle gemeenskappe: