Wes-Kaap verheug oor 24 regstreekse vlugte per week vanaf Brittanje

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, het die toename van 24 regstreekse vlugte per week vanaf Brittanje na die provinsie verwelkom. Die komende somerseisoen is die eerste sedert 2020 wat nie deur die Covid-19-pandemie geraak word nie. Wenger sê toerisme en gasvryheid is ‘n allerbelangrike onderdeel van die ekonomie, dra miljarde by en verskaf werk wat uiters noodsaaklik is. Sy sê hulle verwag vanjaar ‘n buitengewone somerseisoen.