Wes-Kaap verbind tot biodiversiteit

Die Wes-Kaapse regering sê hy het sy verbintenis tot die bewaring van biodiversiteit versterk deur die Edinburgh-verklaring voor môre te onderteken wanneer dit Internasionale Dag vir Biologiese Diversiteit is. Die LUR vir Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die verklaring beteken en versterk die sub-nasionale regerings se gesamentlike verbintenis om die Verenigde Nasies se Konvensie oor Biologiese Diversiteit se doelwitte te bereik. Hy sê die Wes-Kaapse Konsep-wetsontwerp oor Biodiversiteit is vir openbare kommentaar gepubliseer.