Trofeejag in Namibië tel op

Die President van die Namibië Professionele Jagtersvereniging, Danene van der Westhuyzen, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê trofeejag is besig om op te tel. Die trofeejagseisoen het vanaf 1 Februarie begin en jagters is begin weer reis, alhoewel daar steeds reisbeperkings vir sekere lande is. Sy sê die jagbedryf is nog nie waar dit moet wees nie, maar gaste begin weer die land binnekom.