Wes-Kaap sukkel steeds met robvrektes

Die Wes-Kaapse regering probeer steeds twee omgewingsuitdagings die hoof bied. ‘n Woordvoerder vir die Departement van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, James-Brent Styan, sê in die eerste plek het die aantal voëls wat in die provinsie weens voëlgriep vrek, afgeneem, met minder as 100 dooie voëls wat nou per dag aangemeld word. Hy sê in die tweede plek duur die vrektes van robbe voort. Styan sê die rede vir dié vrektes is nog nie wetenskaplik bepaal nie: