Wes-Kaap steeds vry van bek- en klouseer

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou sê hy is bekommerd oor die toename van bek-en-klouseer in die land. Gevalle het die afgelope paar maande in verskeie provinsies voorgekom, maar die huidige uitbreking word slegs opgemerk onder beeste en buffels in die noordelike deel van KZN. Die department sê die Wes-Kaap spring tans nog die siekte vry en maatreëls word ingestel om dit so te hou.