Wes-Kaap rig sonkragstelsel by 100 skole op  

Die Wes-Kaapse regering het die week sy program van stapel gestuur om sonkrag-opwekkingstelsels by 100 van die provinsie se skole te installeer. Die projek se doel is om die negatiewe impak wat beurtkrag op bedrywighede by skole het, tot ‘n minimum te beperk. Die installering van die hernubare energie-infrastruktuur vorm deel van die provinsie se energie-veerkragtigheidsprogram. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, deel meer…