Wes-Kaap gaan nóg R20 miljoen op agterstallige operasies bestee

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sal ‘n bykomende 20 miljoen rand bestee om die agterstand van ongeveer 23 000 nie-dringende operasies wat weens Covid-19 uitgestel is, te verminder. Pasiënte is gedwing om te wag vir operasies soos heupvervangings, die herstel van breuke en ortopediese prosedures. Die LUR vir gesondheid, Nomafrench Mbombo, sê die geld sal vir bykomende chirurge en ander hulpbronne gebruik word. Mbombo voeg by robot-chirurgie het reeds ‘n positiewe uitwerking op pasiëntsorg gehad en hersteltye is verminder.