Wes-Kaap: 25 nedersettingsprojekte ontwrig

Die Wes-Kaapse departement van menslike nedersettings het onthul dat uitbuiters 25 nedersettings-projekte tussen 2018 en verlede jaar ontwrig het. Die departement sê dit het ‘n regstreekse uitwerking op sowat 18 720 begunstigdes gehad. Matlhodi Maseko van die DA sê die stryd teen hierdie gesiglose, misdadige afpersers wat begunstigdes toegang tot die waardigheid van huis-eienaarskap ontneem, eis onmiddellike samewerking tussen alle takke van die regering en gemeenskappe.