Werksverliese verbaas nie en 2024 sal dit herhaal – kenner

Reaksie word ontvang op berigte dat die arbeidsministerie gedurende die drie kwartale van die 2023-2024 finansiële jaar ‘n totaal van 4 844 werksverliese aangeteken het. Arbeidskenner Herbert Jauch sê dit weerspieël die realiteit en dat vooruitsigte vir 2024 nie veel beter lyk nie.