Huurraad sal mislukking wees

Terwyl lynminister Erastus Uutoni belowe het om die nuwe wetsontwerp wat ‘n huurraad sou skep te bespoedig, is die wetsontwerp nie op vanjaar se kalender vir die Nasionale Vergadering nie. Dit het sommige aktiviste en studente ontstel omdat die kwessie reeds ‘n geruime tyd sloer. Maar, Cirrus-ekonoom Robert McGregor is van mening dat ‘n huurraad, wat huur beheer nie sal werk nie. Hy sê die oplossing is om dit makliker en goedkoper te maak om te bou, veral in verband met gedienste grond. Hy sê politici is opsetlik onkundig in verband met basiese ekonomiese beginsels.