Werksverliese = minder belasting = druk op staatskasNovember 5, 2021
Die aantal werksverliese wat in Namibië gely is, is van groot kommer en daarmee saam minder mense wat belasting gaan betaal. Volgens Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie, verwag hy dat staatsinkomste in die vorm van belasting gaan afneem wat verdere druk op die staatskas sal plaas.