Werkstoestande, uiters lae lone van die klagtes

Die voorsitter van die minimumloon-kommissie dr. Marius Kudumo sê in sy weeklikse verslag dat die meerderheid insette wat in die Kavango Oos en Zambezi-streke ontvang is handel oor swak werkstoestande en nakoming van bestaande loon-ooreenkomste. Die kommissie het die week besoek in die twee streke afgelê. Volgens Kudumo sê lede van die publiek hulle word baie minder betaal as wat hulle ooreenkomste bepaal en in sektore waar nasionale ooreenkomste bestaan, word die bepalings ook nie nagekom nie. Klagtes het veral uit die landbousektor en kleinhandel gekom.