Werkloses met landbougrade kry geleentheid

Meer as 70 werklose jongmense met landbougrade het ‘n splinternuwe toekoms voor hulle nadat die Noord-Kaapse Departement van Landbou hulle in ‘n ontwikkelingsprogram geplaas het. ‘n Woordvoerder sê hulle sal by 16 plase regoor die provinsie geplaas word waar hulle onder mentorskap van ervare boere sal leer om hulle eie loopbane te bevorder. Hulle sal ook indiensopleiding kry in plaasbestuur en landbou-verwerking. Die studente het in Desember verlede jaar vir die mentorskap-program aansoek gedoen en sal vir twee jaar in diens wees.