Shangula waarsku weer

Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sê daar word verwag dat gevalle van Covid binnekort sal toeneem. Dit was die geval na die November verkiesings verlede jaar en toe weer na die Desember vakansie. Hy het sy kommer uitgespreek oor die nakoming van maatreëls wat hy sê in baie gevalle verontagsaam word. Op die oomblik is daar 105 gevalle wat in hospitale behandel word en 36 is in hoësorg. Sterfgevalle wek volgens hom ook kommer en tans is daar 604 sterftes. Hy het lede van die publiek gewaarsku om maatreëls na te kom.