Werkloosheid onder Namibiese jeug kan 50,3% einde 2021 bereik

Sommige jong politici het ‘n beroep op Namibiese President Hage Geingob gedoen om ‘n noodtoestand oor jeugwerkloosheid af te kondig. Volgens die Verenigde Nasies se Jeugbeleidsverslag van 2021, het Namibië een van die jongste bevolkings in Afrika waar werkloosheid onder die jeug 50,3 persent teen die einde van die jaar kan bereik. ‘n Jong navorser en ekonoom, Gabriel Erastus, sê jeugwerkloosheid kan 60 persent bereik.