Werkloosheid kan so verlig word

Groot maatskappye wat in spesialisvennote belê om hul projekte vir vaardigheidsontwikkeling te ondersteun, kan ‘n verskil maak aan Suid-Afrika se kommerwekkende hoë werkloosheidsyfer. Dít is die mening van die onderneming Baker Hughes se leier van transformasie, Simo-Sihle Mvinjelwa. Hy sê werkloosheid onder gegradueerdes is baie laag op 2,4 persent, met 7,7 persent vir mense met ander tersiêre kwalifikasies. Mvinjelwa sê dit het baie te doen met maatskappye wat as tussengangers optree, soos die skarefinansierder vir studente, Feenix, wat ‘n skakel skep tussen studente en maatskappye: